Local sportSchool sportSport

Duisende trek op Loftus saam vir 30ste Bulletjiedag

Loftus Versfeld was die afgelope Saterdag weer ’n miernes van bedrywighede toe byna 6000 jong rugbyspelertjies in die ouderdomsgroep 6 to 8 jaar saam met hul families daar saagetrek het vir die jaarliks Bulletjierugby dag.

Die Blou Bulle Rugby-unie het Saterdag op Loftus Versfeld ‘n besondere mylpaal vir die Bulletjie-rugby konsep gevier, toe die 30ste amptelike Vodacom Bulletjiedag op die B-; C- en D-velde van die stadion aangebied is.

Sowat 5600 spelers was deur die loop van die dag deel van hierdie unieke skouspel, wat beskou word as die grootste jaarlikse rugby-saamtrek ter wêreld.

Seuns en dogters van 6, 7 en 8 jarige ouderdom vanoor die uithoeke van die Tshwane Metro en selfs verder neem elke jaar deel aan die Bulletjiedag.

Daar word mini-rugbywedstryde in die vorm van “tag”-rugby gespeel. Materiaal stroke wat met die hulp van “velcro” aan die spelers se klere geheg word, moet deur verdedigers afgeruk word, waarna die spelers die bal moet uitgee.

Op hierdie manier word kontak-rugby vir die jong spelers verhoed, wat hulle aan die spel gewoond maak sonder die risiko van ernstige beserings.

https://fb.watch/k-2Txr1O-j/

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button