Garsie atleet sorg vir nuwe wêreldrekord by Para Atletiek Wêreldkampioenskap
Een van Suid-Afrika se blinkse Paralimpiese sterre, wat vanjaar nog in matriek op die skoolbanke by Hoërskool Garsfontein sit, het ’n nuwe wêreldrekord opgestel in haar deelname-kategorie (F38) by verlede week se Para Atletiek Wêreldkampioenskap in Frankryk.
Simoné Kruger, ’n matriek-leerling aan die Hoërskool Garsfontein in Pretoria, het verlede week nie net Suid-Afrika se laaste medalje (tweede goud) by vanjaar se Para Atletiek Wêreldkampioenskap in Frankryk gewen nie, maar sy het dit gedoen deur ’n sitterende nuwe wêreldrekord in die diskus item vir Paralimpiese atlete in die F38 kategoerie op te stel.
Daarmee het sy Noelle Lenihan van Ierland se sewe jaar oue rekord tot 38,10m verbeter.
Die 18-jarige Kruger is ’n gesoute Paralimpiese atleet wat vroeër vanjaar tydens ’n byeenkoms op die Pilditch baan in Pretoria ook die Afrika rekord in dieselfde item tot 36,38m verbeter het. Daarmee het sy haar eie Afrika-rekord van 34,74m, wat sy verlede jaar tydens ’n Grand Prix byeenkoms in Germiston opgestel het, verbeter.
Kruger word deur haar pa, Andries Kruger, afgerig.
Para-atlete wat onder die F38 katgorie resorteer het ’n lae vlak inkorting/waardevermindering van koördinasie en beweging wat die onderste romp en bene of die een kant of die hele liggaam affekteer.
In Kruger se geval spruit haar gestremdheid uit ’n voorval toe sy reeds voor geboorte ’n beroerte gehad het. Dit het die deel van haar brein wat die metoriese vermoëns beheer, beskadig. Sy is dus gebore met ’n vorm van serebrale verlamming aan die een kant van haar liggaam. Dit beteken basies dat die spier-geheue aan die regterkant van haar liggaam verlore gegaan het in die proses.
🔙✨ Throwback Thursday to the medal successes of #TeamSA at the World Para Athletics Championships! 🏅🇿🇦
🥇 Simone Kruger – Golden throw, setting a New World Record! 🌍🌟
🥇 Mpumelelo Mhlongo
🥈 Louzanne Coetzee
🥉 Kerwin Noemdo
#ForMyCountry#ThrowbackThursday #Paris2023 pic.twitter.com/EEs4gMTSaR— Team South Africa (@TeamSA2024) July 20, 2023
Ná haar jongste prestasie het Kruger verlede week met haar terrugkeer na Suid-Afrika ’n helde-ontvangs gehad op die Oliver Thambo lughawe, toe ’n groot groep van haar skoolmaats haar met baniere en plakkate vol slagspreuke ingewag het.
Die volgende dag is sy by die skool ook vereer toe ’n erewag deur mede-leerlinge haar op die skoolterrein terugverwelkom het.
Na hierdie jongste prestasie is Kruger een van die gunstelinge om by volgende jaar se Paralimpiese Spele in Parys (28 Augustus to 8 September 2024) ’n goue medalje vir Suid-Afrika in te palm.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
