Local sportSchool sportSport

Byna 5000 Bulletjies in aksie by Bulletjiedag in Midstream

Die “grootste Bulletjierugby dag in Afrika”, soos die organiseerders met trots daarna verwys, is die afgelope naweek by ’n laerskool in Midstream aangebied.

Stel jou voor 4319 jong Bulletjies (onder hulle ook ’n aantal versies), almal deel van altesaam 399  o.6; o.7 en o.8 spanne van 45 skole, trek op een dag op ’n skoolterrein saam om aan ’n Bulletjierugby toernooi deel te neem.

Chaos? Of dalk pure genot vir die seuns en meisies wat ’n kans kry om Suid-Afrika se gunsteling sport op georganiseerde wyse te beoefen.

Wel dis presies wat Saterdag by die Midstream Ridge Laerskool gebeur het. Volgens die organiseerders is dit amptelik die grootste Bulletjierugby fees in Afrika.

Die Everest Wealth Blou Bulle Bulletjierugby fees, wat deur Midstream Ridge Laerskool in samewerking met die Blou Bulle Laerskole Rugbyvereniging aangebied is, is vanjaar deur skole vanuit alle uithoeke van Noord Gauteng bygewoon. Die spanne het gesorg vir groot opwinding tydens die 798 wedstryde wat op die dag gespeel is.

“Wat vanjaar se Bullejie-fees so besonders gemaak het, was om te sien hoe Bulletjierugby as ’n sport besig is om te groei. Die liefde vir die sport en die wonderlike spangees onder skole, was merkwaardig,” het Riaan Langenhoven, voorsitter van die Blou Bulle Laerskole Rugbyvereniging en Midstream Ridge Laerskool se sport-adjunkhoof gesê.

Die dag was voorwaar ’n fees vir die hele gesin, want buiten Bulletjierugby het die kinders baljaar op springkastele en hul staal gewys in die Everest Wealth toutrek kompetisie. Groot en klein het die geleentheid gehad om die oud-springbok Victor Matfield se handtekening te kry.

Twee historiese trofeë was ook beskikbaar vir fotos, naamlik die Super Rugby Unlocked trofee van 2020 en die eertydse Super 14 Rugby trofee van 2009 en 2010.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button