Local sportSchool sportSport

Menlopark atleet stel nuwe wêreldrekord op

’n 15-jarige veldatleet van Die Hoërskool Menlopark het die afgelope naweek in die diskus item ’n wêreldrekord opgestel vir sy ouderdomsgroep, toe hy saam met die junior mans deelgeneem het met ’n werpskyf wat amper tweemaal so swaar is as dit waaraan hy gewoond is.

Joshua Gerber het die afgelope naweek geskiedenis gemaak tydens ’n NWU-liga atletiekbyeenkoms in Potchefstroom, toe hy as o. 15-seun met ‘n 1.75 kg-diskus ‘n afstand van 47,02m gegooi het om ’n nuwe wêreldrekord vir sy ouderdomsgroep op te stel.

Gerber het reeds vroeg vanjaar gewys dat 2024 ’n groot atletiekjaar vir hom gaan wees.

Tydens die Curo Podoium eindrondte in Pretoria wen hy die diskus item vir o.15 seuns (1kg werpskyf) met sy afstand van 62,56m, waarvoor hy byna volpunte (990 punte) verdien op Atletiek SA se Athletics Performance Evaluation (APE) tabel.

By die A-bond interhoër eindig hy tweede in die gewigstoot item, maar onttrek aan die diskus.

Daarna bons hy egter vroeg in Aprilmaand terug by die ASA nasionale skole kampioenskap, waar hy as o.16 atleet deelgeneem en beide die Atletiek Gauteng Noord (AGN) as Atletiek SA rekords gebreek met sy afstand van 69,30m in die diskus item (1kg werpskyf).

https://fb.watch/slHNXVpg7Q/

Al hierdie afstande deur die loop van die seisoen het Gerber behaal met die voorgeskrewe 1kg werpskyf, wat deur seuns van sy ouderdomsgroep gerbuik word. Tydens Saterdag se byeenkoms in Potchefstroom het hy egter saam met die junior mans (o19) deelgeneem. Hulle gebruik die 1,75kg werpskyf, wat byna dubbel so swaar is as die werpskryf waarmee hy as o.15 atleet gewoond is om te gooi.

Gerber se poging van 47,02m in Potchefstroom is amptelik as wêreldrekord erken vir ’n o.15 seun. Hierdie afstand sou in Februarie vanjaar goed genoeg gewees het om aan Gerber ’n vierde plek te verseker by die Pretoria A-bond kompetisie vir seuns o.19. Hy sou slegs die knie moes buig vir wêreldklas o.19 diskusgooiers soos Hoërskool Waterkloof se Wesley Badenhorst, sy skoolmaat van Menlopark, Ronald Khunou en Affies se Hencu Lamberts. Al drie hierdie atlete het al internasionaal presteer.

Hou dus gerus vir Joshua Gerber dop wanneer hy volgende seisoen as o.16 seun met die 1,5kg werpskyf gaan deelneem.

https://www.facebook.com/reel/269186652899368

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Back to top button