Local sportSchool sportSport

Vierde agtereenvolgende Stadsbeker titel vir Die Wilgers se rugbyhelde

Hoërskool Die Wilgers se eerste rugbyspan is Saterdag op Loftus Versfeld vir die vierde keer agtereenvolgens as die Blou Bulle se Stadsbeker kampioen in Afdeling 3 vir Medium skole gekroon.

Vier uit vier. Dít is die besondere prestasie wat Hoërskool Die Wilgers se eerste rugbyspan Saterdag op Loftus Versfeld behaal het toe hulle Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit met 37-7 in die Stadsbeker eindstryd (Medium skole, Groep 3) geklop het.

Wat Die Wilgers se prestasie meer merkwaardig maak is die feit dat al hul spanne weer vir hul onderskeie eindstryde gekwalifiseer het en almal boonop as kampioene gekroon is.

Die o.14’s het teen Curro Hazeldean gespeel en met 30-12 gewen. Daarna het die o.15 span ook teen Erasmus te staan gekom. Dié span het met 12-7 die wa deur die drif getrek teen die Bronkhorstpruiters.

Ook in die o.16 eindstryd was dit Die Wilgers en Erasmus wat mekaar die stryd aangesê het en in dié wedstryd het Die Wilgers se seuns amok gemaak deur met 55-24 te seëvier.

In die wedstryd tussen Die Wilgers en Erasmus se eerstespanne het die eerste helfte nog redelik taai verloop, met Die Wilgers wat vir die grootste deel van dié skof met 6-0 voorgeloop het ná twee strafdoele. Kort voor rustyd het Die Wilgers egter ruimte aan die linkerkant van die veld gevind vir hul eerste drie, wat die rustydtelling op 11-0 te staan gebring het.

In die tweede skof het Erasmus vroeg toegeslaan toe hulle ’n losbal deurgeskop het om hul enigste drie te druk.

Daarna was dit eenrigting verkeer en Die Wilgers se oorheersing voorlangs het hulle in staat gestel om nog vier keer te druk om hul heeskappy in hierdie liga weer te onderstreep.

Hierdie prestasie verseker ook nou dat Die Wilgers se spanne almal aan die volgende fase in die Noordvaal Cup se toernooi vir medium skole oor provinsiale grense heen sal deelneem.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Check Also
Close
Back to top button