Local sportSchool sportSport

Zwarries stoom voort in Noordvaal Cup se Plaat-afdeling

Daar is steeds geen keer aan Hoërskool Zwartkop se uitstaande eerste rugbyspan nie en hulle het die afgelope naweek hul posisie in die Noordvaal Cup verstewig met nóg ’n puik oorwinning.

Hoërskool Zwartkop se eerste rugbyspan het die afgelope naweek hul elfde agtereenvolgende oorwinning van die seisoen behaal, toe hulle Hoërskool Kempton Park met 26-10 geklop het in ’n Noordvaal Cup (Plaat-afdeling) wedstryd.

Die Oos-Randers was duidelik gemotiveerd om hul teenstanders se onoorwonne status te beëindig. Hulle het aanvallend begin en kon eerste oor die doellyn kom met ’n drie in die agtste minuut.

Hierna het die Zwarries gekonsolideer met goeie gestruktureerde rugby, waarmee hulle ’n paar keer naby die doellyn gekom het, totdat die vleuel Luan Isaacs hul rekening na ’n kwartier se aksie kon open met sy drie ná nóg fase-spel.

Nadat die besoekers weer hardnekkig probeer het om vas te byt, het die ramkat haker, Regan Blignaut, se drie aan die Zwarries kort voor rustyd vir die eerste keer ’n voorsprong (10-5) gegee.

Slot Ettiene van Niekerk se drie was die eerste punte van die tweede helfte en daarmee het die druk teen Kempies opgebou. Hulle kon daarin slaag om weer te druk na 20 minute se spel in die tweede skof, maar dit sou die besoekers se laaste punte van die dag wees.

Losskakel Tilon Baron het die telbord vir die tuisspan aan die rol gehou met ’n paar strafdoele, voordat die groot slot, Logan Knott, die Zwarries se bonuspunt kort voor die eindfluitjie kon verseker met sy span se vierde drie.

Hoewel dit nog redelik vroeg in die seisoen is, word die kompeterende aard van die Plaat-afdeling in die Noordvaal Cup toernooi reeds onderstreep deur die feit dat die Zwarries een van slegs twee skole is wat steeds onoorwonne is in hierdie liga. Die ander deelnemer is Wesvalia van Klerksdorp, wat die afgelope naweek in ’n spannende stryd met Oos-Moot (43-38) afgereken het.

Zwartkop speel eerskomende naweek teen in die liga se Pretoria-derby teen Oos-Moot.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button