School sportSport

PHS-rugby Lim se ligdraers

Die rugbyspanne van Hoërskool Pietersburg het onlangs aan die Limpopo-rugbyfinale deelgeneem en twee spanne het as wenners uit die stryd getree.

POLOKWANE – Die rugbyspanne van Hoërskool Pietersburg het onlangs aan die Limpopo-rugbyfinale deelgeneem en twee spanne het as wenners uit die stryd getree.

Die o/16- en eerstespan het deurgedring tot die Beeld-trofee se kwarteindstryd.

Die o/16-span het verlede Saterdag in dié kwarteind gewys hoekom hulle vir die afgelope twee jaar met die Beeld-trofee weggestap het.

Onder leiding van Sybrand Koedyk en Paul Erasmus het die span met hul eweknieë van Hoërskool Piet Retief afgereken deur hulle oortuigend met 33-6 te klop.

Dié span van PHS speel Saterdag teen Helpmekaar op PHS se tuisveld.

Die eerste span van PHS het die knie gebuig teen Hoërskool Transvalia, wat hulle met 29-18 ver-slaan het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button