"Ou oom Klasie het 'n plaas," sing die kleuters van Werk en Wen Kleuterskool tydens die skool se konsert. Chanté du Preez is een van die plaasdiere in die liedjie.
‘n Lappop, vrot pampoen, ‘n grammofoonplaat en ‘n kous sonder maat was van die karaktertjies wat harte gesteel het in Werk en Wen Kleuterskool se konsert op Woensdag, 18 September.
Die konsert het die gehoor op die punte van hulle stoele gehou met elke kleuter wat ‘n unieke rol vertolk het.
Elke ouderdomsgroep het ‘n ander storie vertel. Daar was brandweermanne, oupa’s, hengelaars, visse, sangers en plaasdiere wat almal deelgeneem het aan die pret.
“Die konsert is een van die hoogtepunte van die jaar en almal het dit baie geniet,” het die hoof van Werk en Wen, Monica Strauss gesê.
“Ou oom Klasie het ‘n plaas,” sing die kleuters van Werk en Wen Kleuterskool tydens die skool se konsert. Chanté du Preez is een van die plaasdiere in die liedjie.
Tommie Horn van Werk en Wen Kleuterskool is een van die oupas.
Erich Vorsatz en Sandri Coetzee vertolk twee van die hoofrolle in Werk en Wen se konsert.
Wian Smit is ‘n brandweerman in die Werk en Wen konsert.
Franco Janse van Rensburg van Werk en Wen tydens die Werk en Wen konsert.
Ilze Gerritsen van Werk en Wen Kleuterskool ondersteun haar klassie se Blou Bulle.
Isabel Marriott wil nie dans nie, maar Marthinus Korff motiveer haar sommer vinnig om saam te dans.
Henko Korff speel die rol van die son in Werk en Wen Kleuterskool se konsert.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!