Local NewsNews

‘Jy sal altyd ons Chippie bly’

Gebede en boodskappe van hoop stroom in op lede van die Badenhorst-gesin, Pa Naas, Ma Ezelda en Sus Essie se Facebook-bladsye nadat Walter Badenhorst (15) Saterdag ernstig in 'n kwadfietsongeluk beseer is.

Gebede en boodskappe van hoop stroom in op lede van die Badenhorst-gesin, Pa Naas, Ma Ezelda en Sus Essie se Facebook-bladsye nadat Walter Badenhorst (15) Saterdag ernstig in ‘n kwadfietsongeluk beseer is.

Dié geliefde Curro Heuwelkruin-leerder, wat onder vriende as “Chippie” bekend is vanweë sy pa se aartappelboerdery, het hoofbeserings opgedoen in wat beskryf kan word as ‘n fratsongeluk.

Hy en ‘n ander persoon, wat ook op ‘n kwadfiets gery het, het kop-teen-kop gebots. Volgens inligting het dié ongeluk om ‘n draai op ‘n plaaspad gebeur en kon die twee motorfiersryers mekaar nie betyds raaksien om die ongeluk te vermy nie.

Walter is in die Mediclinic Limpopo met hoofbeserings opgeneem.

Die ander beseerde persoon is vir gesigbeserings behandel.

Die Polokwane-gemeenskap het onmiddellik hande gevat om die gesin deur hierdie tragedie te dra.

Sondag het mense van regoor die stad en omgewing by die N.G. Kerk-Noord bymekaargekom om vir Walter en sy familie aan God op te dra.

Chanté de Vos se Facebook-boodskap lui: “Sterkte Essie Badenhorst, Tannie Ezelda en Oom Naas! Julle is on ons gebede en ons dra julle op vir genesing uit God se hand”.

Na bl 2

From page 1

Twee van Walter se skoolvriende vertel aan Review dat Walter ‘n baie goeie rugbyspeler is en dat hulle altyd lekker saam met hom kon lag. “Ons het hom graag ondersteun wanneer hy wedstryde gespeel het. Mens kon oor enigiets met hom praat, hy het altyd verstaan en het altyd goeie raad gegee,” sê Rouchell Steenberg.

Kaitlin van Zyl verduidelik hoe Walter sy bynaam, Simba Chippie, gekry het: “Omdat sy ouers met aartappels boer het ons hom ons eie Simba Chippie begin noem. Ons wil vir Simba Chippie sê ons mis jou en bid dat Jesus jou vir ons gaan teruggee”.

Die Badenhorst-gesin het vir eers die kans om met Review te praat van die hand gewys omdat hulle eers hulle skok en hartseer wil verwerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button