Local NewsNews

Truitjies liefdevol gebrei

Wanneer mens Corrie Venter se naam noem, weet vele inwoners van die stad wie hierdie dinamiese vrou is.

POLOKWANE – Wanneer mens Corrie Venter se naam noem, weet vele inwoners van die stad wie hierdie dinamiese vrou is.

Nie net is sy een van die Polokwane Skou en Musiekfees se organiseerders nie, sy is ook ‘n kranige en talent-volle breier.

Corrie het onlangs 10 kindertruie gebrei wat sy aan die Tough Living with Cancer (TLC) kinderkankersaal by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal geskenk het.

“Ek sit graag voor die televisie en brei in my vrye tyd,” vertel sy. Sy skenk ook van die truie wat sy brei aan die Polokwane Kinder- en Gesinssorgvereniging en die N.G. Kerk-Moedergemeente in die stad.

Sy vertel dat sy gereeld nuwe wol koop en geen spesifieke voorkeure het wat kleure aanbetref nie.

Ria du Plessis, gemeenskapsmobiliseerder van Kansa Polokwane, het die truie namens die TLC-saal in ontvangs geneem.

“Ons is baie dankbaar vir die truitjies vir die kinders, hulle het dit beslis nodig,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button