Wiele500 benodig borge vir suksesvolle oggend
WIELE500 is 'n trust wat in 2012 gestig is om mense met 'n behoefte aan "wiele-bene" (rolstoele) te help.
WIELE500 is ‘n trust wat in 2012 gestig is om mense met ‘n behoefte aan “wiele-bene” (rolstoele) te help.
In 2013 het Wiele500 ‘n heerlike saamkuieroggend met Tracy Todd en Matthys Roets in die stad aangebied en beplan om dit weer op 17 Mei hierdie jaar te doen.
Dit sal die tweede jaarlikse damestee ten bate van die Wiele500 trust wees wat aangebied word deur Exclusive Properties en Freshwell by Grin Court.
Die gaskunsstenaars vir hierdie geleentheid is Adam Barnard van Romanz.
Matthys Roets, wat Wiele500 se ambasadeur is, tree ook weer op. Natural Living Spa gaan ook ‘n mini spa by dié geleentheid hê waar hulle die dames lekker gaan pamperlang.
Om al hierdie wonderlike items by die damestee aan te bied, word daar borge en fondse benodig. Die oobrengste van die 2013 damestee is gebruik om ‘n Freewheeler-rolstoel aan onderskeidelik Conraad Brandt en Ben Coetzee te skenk.
Die organiseerders benodig nog borgskappe en of donasies. Vir meer inligting skakel Michelle by 082 303 9111, of Joria by 082 411 0314 of Marlene by 082 377 1293



