Local NewsNews

Bekende radioman takel nuwe taak

DEWALD Hattingh, 'n bekende in die uitsaaiwese, het aan die einde van April afskeid geneem van Jacaranda FM.

DEWALD Hattingh, ‘n bekende in die uitsaaiwese, het aan die einde van April afskeid geneem van Jacaranda FM.

Dit nadat hy die stasie wat in die landelike gebiede van Limpopo en Mpumalanga uitsaai, 16 jaar bestuur het.

Hattingh is reeds 44 jaar in die uitsaaibedryf waarvan hy die grootste deel in Limpopo deurgebring het.

As gebore en getoë Bosvelder het hy ‘n passie vir dit wat hy doen en was sy betrokkenheid by die gemeenskap ‘n leefwyse eerder as net nog ‘n werk.

Dit was as gevolg van sy geloof en ideaal om die gemeenskap te dien dat die voormalige RMFM tot stand gekom het.

Die talle luisteraarsnaweke, ‘n treinrit in samewerking met Old Mutual na Zimbabwe ten bate van Kansa, betrokkenheid by die Innibos fees, die catch-a-million visvangkompetisie en vele meereer getuig van sy meelewendheid in die luiste-raarsgebied.

Met die 2000 vloede en oorstromings het RMFM ‘n groot rol gespeel om inwoners ingelig te hou oor die begaanbaarheid van paaie. Klere is ingesamel vir gemeenskappe wat dakloos gelaat is en so is daar ‘n hand uitgereik in nood.

Dewald het baie vriende gemaak en bekend geraak as gevolg van Jacaranda FM se betrokkenheid in die gemeenskappe oor ‘n breë front.

So is daar die Hlohlodi Primêre Skool byna aan die voet van die Blouberg in die Senwabarwana omge-wing wat van toerusting by die skool tydens ‘n inbraak besteel is. Die inbraak het deur ‘n nuusberig tot RMFM se ore gekom en sedertdien is die personeel en leerders groot aanhangers van die radiostasie as gevolg van uitkoms na die hulp van RMFM en ander skenkers.

Talle skole en instansies is etlike jare van komberse voorsien. Daar was ook bejaardes en behoeftiges wat skenkings ontvang het.

Dewald staar nou ‘n nuwe uitdaging in die gesig na ‘n aanbod van ‘n nuwe streek-televisie-kanaal wat Noordwes, Limpopo en Mpumalanga gaan dek. Hy sien daarna uit om ook hier ‘n bydrae te kan lewer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button