Local NewsNews

Shelter dankbaar, tog steeds in nood

Myngenoegen Shelter vertel dat hulle wonderlike reaksie gehad het op 'n vorige berig wat in Review geplaas is.

POLOKWANE – Myngenoegen Shelter vertel dat hulle wonderlike reaksie gehad het op ‘n vorige berig wat in Review geplaas is.

“Unique Welding Alloy het vir ons ‘n bottel gas geskenk, waarvoor ons opreg dankbaar is,” vertel Christa van Tonder, sekretaresse van die Shelter.

“Ondersteun hulle gerus. Data Inn het vir ons ‘n kontantbydrae gemaak, en ons het ook anonieme bydraes ontvang. Duisend maal dankie.”

Maar daar was ook negatiewe kommentaar.

Christa vertel sy het ‘n oproep gehad van ‘n man wat nie sy naam wou verstrek nie. “Die man wil weet hoekom moet die publiek bydra, as ons alles verniet ontvang. Volgens hom, ontvang ons donasies in die vorm van, kos, klere ensovoorts. Ek het vir hom gesê dit is waar, maar ons kry nie alles wat by die Shelter benodig word nie. Ons ontvang baie selde, margarine, melk, suiker, skoonmaakmiddels ensovoorts.”

Volgens Christa moet die Shelter nog huur, water, krag en gas (wanneer dit opraak) aankoop. Die meeste van die inwoners het nie ‘n inkomste nie, en bly heeltemal verniet. Indien ‘n persoon ‘n toelaag (pensioen) ontvang, moet hulle R100 per maand betaal, asook salarisse.

“Ons benodig asseblief klere. Die bydraes van klere het skielik baie verminder. Dan is daar is mense wat bang is die fondse en die skenkings word misbruik. Ek kan hiervoor instaan. Niks word misbruik nie.

“Ons almal wat op die komitee is, het Shelter-harte, en sal verseker nie die inwoners te na kom nie. So asseblief, gee gerus met ‘n oop gemoed, en weet jou beloning sal jy nie op hierdie aarde ontvang nie.”

Die Shelter se rekeningbesonderhede is:

Bank: Absa

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 927 566 7290

Spaarrekening:

Eskomrekening:

P M Booyzen

Absa-rekening: 231 0000 119

Verwysing: 5763494741

Dalmada Water

Dalmada Water

Absa-rekening: 1150 260 716

Verwysing: M031

Vir ‘n bottel gas: ± R1 035

Unique Welding Alloy

Nedbank

Kode : 128842

Rekeningnommer: 1039776973

Verwysing: Myngenoegen Shelter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button