Local NewsNews

Sy is aan die stuur

"Eers toe ons in Engeland was het ons verstaan wat die impak van Apartheid was en die wêreld se opinie van ons as Afrikaners en waarheen ons as land gaan."

MAKHADO – “Eers toe ons in Engeland was het ons verstaan wat die impak van Apartheid was en die wêreld se opinie van ons as Afrikaners en waarheen ons as land gaan.”

“Ons het die verskil beleef in Engeland van voor en na die 1994-verkiesing. Ek besef ook nou wat een mens wat kies om om te gee kan maak. En dis wat Mandela gedoen het,” sê Anneke Stroebel, die vrou van dr. Anton Stroebel vir wie die ondersteuning van Madibadag belangrik is.

Anneke het arbeidsterapie studeer aan die Universiteit van Pretoria en was destyds saam met haar toekomstige man op kampus.

Die jaar voor hulle na Makhado verhuis, spandeer hulle in Engeland.

Sy het self gepraktiseer en vir ‘n ruk opgehou toe haar kinders, Richardt en Dewald, gebore is. Na Dewald se geboorte het sy weer ‘n praktyk oopgemaak waar sy haar hoofsaaklik op babas se ontwikkelingsagterstand toegespits het.

In 2007 het sy voltyds by die Zoutpansberg Privaat Hospitaal begin werk as operasionele bestuurder waar sy vanjaar na hospitaalbestuurder bevorder is.

Sy glo mense wat in hospitale werk moet ‘n passie daarvoor hê. Sy glo ‘n mens kies om om te gee.

“Dit bly ‘n aktiewe proses. Dit was Mandela se woorde – you choose to care, as jy iemand help is dit omdat jy hulle wil help, niemand moet vir jou sê jy moet dit doen nie.

“En niemand behalwe jy self hoef te weet dat jy iemand gehelp het nie, want dis jou keuse,” verduidelik sy.

Vir Anneke is die Zoutpansberg Hospitaal en Mandela se missie en visie baie dieselfde.

Anneke se trots en haar tyd is haar kinders. “Ek is deel van hulle sport, kultuur en akademie. My kinders is my alles,” sê sy met ‘n glimlag. Sy doen ook naaldwerk wanneer sy tyd kry en lees graag outobiografieë.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button