Stad groet sy rugbylegende
Schalk van Dyk, 'n groot gees in Suid-Afrikaanse rugby en bekende plaaslike besigheidsman is op 17 Julie oorlede op die ouderdom van 83 jaar.
POLOKWANE – Schalk van Dyk, ‘n groot gees in Suid-Afrikaanse rugby en bekende plaaslike besigheidsman is op 17 Julie oorlede op die ouderdom van 83 jaar.
Van Dyk, gebore in 1931, het op die veld uitgedraf vir die destydse Noord-Transvaal en Vrystaat-rugbyspanne en was bekend as ‘n legendariese Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Hy is ook bekend daarvoor dat hy die wendrie vir Noord-Transvaal gedruk het in die 1956 Currie Cup-finaal teen Natal.
Sy famile en vriende sal môre (Woensdag) van 11:00 tot 14:00 afskeid neem van hom by die Pietersburg Klub in Suidstraat.
Vir meer inligting skakel gerus vir Stepnee Hughes by 082 561 4479 of Erna Lister by 082 376 2758 of (015) 291 1330.



