Local NewsNews

Lizandrie (11) skenk haar hare

Lizandrie van Staden se hare het van die dag van haar geboorte nog nooit 'n skêr gesien nie; tot met haar 11de verjaardag.

POLOKWANE – Lizandrie van Staden se hare het van die dag van haar geboorte nog nooit ‘n skêr gesien nie; tot met haar 11de verjaardag.

Dinsdag het sy in die haarkapperstoel gesit en gesê “sny” vir ‘n goeie doel.

Lizandrie het haar besondere lang hare aan Kansa geskenk. Kansa gebruik skenkerhare om pruike vir kankerlyers te laat maak.

Dié leerder van Laerskool Pietersburg-Oos het gesê sy wou iets doen vir kankerlyers.

“Ek het nog nooit mense geken wat kanker het nie, maar wou nog altyd my hare skenk omdat ek jammer voel vir die mense wat tydens hulle geveg teen kanker hulle hare moet prysgee,” het Lizandrie verduidelik.

Vir haar ma, Elsie, was dit ‘n baie trotse dag om te sien hoe haar dogter iets onbaatsugtig vir ander doen.

“My man wou eers niks hoor van die haresny nie, maar ons het saam met Lizandrie die besluit geneem om dit te doen.

“Ek weet nou nie meer wat ek gaan doen met my Sondae nie. Ek en Lizandrie het altyd ons Sondae gebruik om hare te was en omdat dit ‘n lekker mamma en dogter ding is, was ons spesiale tyd saam,” het Elsie vertel.

Sy het haar dogter beloon deur haar winkels toe te neem sodat Lizandrie haar eie verjaardaggeskenk kon uitkies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button