Local NewsNews

Weduwee het hulp nodig vir koste van begrafnis

Hennie Engelbrecht (38) se familie is verslae na sy dood in 'n motorongeluk verlede Donderdag.

MAKHADO – Hennie Engelbrecht (38) se familie is verslae na sy dood in ‘n motorongeluk verlede Donderdag.

Hennie se vrou, Jacoba, sê haar man het by ‘n vriend gekuier op die Makhado Lugmagbasis om na ‘n bakkie te kyk wat hy graag wou koop.

“Op pad terug het hy op die Sinthumule-pad beheer oor sy bakkie verloor en verongeluk.”

Jacoba sê die gesin sukkel om die skok te verwerk. Hulle kinders, Anika (14) en Hennie jnr. (16) mis hul pa baie.

“Alles is op die oomblik so deurmekaar. Hennie was ‘n wonderlike mens.

“Hy het altyd ander mense gehelp en nooit iets teruggevra nie. Hy was die dierbaarste man ooit.

“Ek mis hom so baie. Dit maak so seer. Ek weet nie hoe ek deur die lewe kan gaan sonder hom nie. Hy was my alles.”

Hennie se suster, Elize Hattingh sê hy was ‘n mens wat omgegee het vir almal om hom.

“Almal was lief vir hom. Ek kan nie dink aan iemand wat kwade gevoelens teenoor hom gehad het nie,” sê sy.

Jacoba sê sy beskik nie oor die nodige fondse om haar man te begrawe nie.

Om haar te help met hierdie probleem, kan mense haar skakel by 076 287 7023.

Bankbesonderhede:

Capitec

J.P.M. Engelbrecht.

Rekeningnommer: 1354081534470010.

Takkode: 470010.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button