Local NewsNews

Kranslegging vir JJ op die plek van sy dood

Vriende en familie van JJ van Rooyen het verlede Donderdag aan hom hulde gebring met 'n kranslegging op die plek waar hy gesterf het.

POLOKWANE – Vriende en familie van JJ van Rooyen het verlede Donderdag aan hom hulde gebring met ‘n kranslegging op die plek waar hy gesterf het.

JJ is verlede Dinsdag dood nadat sy motorfiets teen ‘n motor gebots het op die hoek van Jorissen- en Compensatiestraat.

Verlede Donderdag het 12 motorfiets-ryers en sowat 50 vriende en familielede by JJ se ouerhuis bymekaargekom. Daarna het hulle almal saam na die ongelukstoneel gery met die 12 motorfietse wat die optog gelei het. By die ongelukstoneel aangekom, het die groep verskeie blommekranse ter ere van JJ neergesit en mekaar getroos.

“Ons kom net groet. JJ is hier van ons weggeneem en nou kom ons hier bymekaar om hom te groet,” het een van die jong mans aan Review gesê.

JJ se roudiens is Saterdag gehou en sy verassingsdiens sal later plaasvind.

Sy familie en vriende het gesê hulle wil ‘n kruis vir hom oprig op die plek waar hy gesterf het.

Melanie Mallison, JJ se tannie, het almal by die kranslegging bedank.

“Daar is soveel mense waarvoor ons moet dankie sê dat ek niemand wil uitsonder nie. Die mense wat ons bystaan, van die ongelukstoneel tot die daaglikse ondersteuning van mense wat omgee en boodskappe van bemoediging stuur, is ons engele. Hulle help ons om die mooi in die lewe raak te sien wat ons sonskynkind nie meer vir ons kan wys nie,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button