Is jy mens genoeg om dié uitdaging te aanvaar?
DIE Trevor Els Raceway daag die gemeenskap van Mokopane uit om die R1 000 wat hulle aan die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) gaan skenk, te oortref.
MOKOPANE – DIE Trevor Els Raceway daag die gemeenskap van Mokopane uit om die R1 000 wat hulle aan die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) gaan skenk, te oortref.
Die onderneming, of individue wat die hoogste bod plaas sal op 14 Maart tydens die Trevor Els Raceway se pretdag en groot resies op die ovaalbaan aangekondig word.
Die wenner word die geleentheid gebied waar hul onderneming se naam vir ‘n volle jaar teen die muur by die Trevor Els Raceway geverf word as gratis advertensie.
Die DBV gaan ook ‘n stalletjie op die dag beman waarin hulle fondse gaan insamel.
Indien enige iemand hierdie uitdaging wil aanvaar en sodoende ‘n verskil wil maak, kontak vir Mariette Jordaan by (076) 769 0500 of per e-pos by jordaan.mariette3@gmail.com.
Enige belangstellendes wat ‘n stalletjie wil beman op die dag kan ook vir Mariette kontak.



