Local NewsNews

Wapenbestuur ‘n moét

Die gevare en belangrikheid rondom die veilige bewaring van vuurwapens het sowat 'n week gelede weer aan die lig gekom.

POLOKWANE – Die gevare en belangrikheid rondom die veilige bewaring van vuurwapens het sowat ‘n week gelede weer aan die lig gekom. Dit is ‘n besprekingspunt in sosiale media nadat ‘n plaaslike man homself en sy ma in die huis waar hulle gewoon het verdedig het.

Een van die rowers is tydens die inbraak doodgeskiet. Daar is aanvanklik ‘n saak van moord teen die jongman, Sean Bates gemaak, maar dit is intussen verander na ‘n geregtelike doodsondersoek. “Jou vuurwapenlisensie is die begin van verantwoordelike wapenbesit,” volgens kapt. Ntobeng Phala, die woordvoerder van die Polokwane polisie.

Op die agterkant van ‘n vuurwapenlisensie is daar ‘n stel reëls en regulasies. Byvoorbeeld, noem Phala, dat ‘n vuurwapen ten alle tye op een van twee plekke weggebêre moet wees: Of in ‘n kluis wat gesluit is of aan die persoon van die lisensie-eienaar. Volgens Phala moet die kluissleutel in die besit van die lisensiedraer wees wanneer die vuurwapen in die kluis is. Hy sê geen vuurwapen mag onder ‘n kopkussing, voertuig se kattebak of paneelkissie gebêre word nie en hierdie reël geld ook vir ammunisie.

‘Geen vuurwapen mag onder ‘n kopkussing, voertuig se kattebak of paneelkissie gebêre word’

‘n Saak van nalatigheid kan teen jou ingedien word indien die reëls verontagsaam word en dit kan volgens die polisie ook die verskil maak in ‘n saak waar die vuurwapen gebruik is ter self verdediging. Phala sê die regte bestuur van ‘n vuurwapen soos in die geval van die Bates saak, kan ook voorkom dat mense in die moeilikheid kom. Hy sê die verkeerde weg bêre van vuurwapens kan veroorsaak dat die slagoffer moontlik op die einde van die dag met die gereg te doen kry. Volgens Phala, kan jy lewenslank onbevoeg verklaar word om ‘n vuurwapenlisensie te bekom wanneer dit verkeerd gebruik of hanteer word.

Indien ‘n vuurwapen nie gereeld gebruik word nie moet dit by die polisiekantoor aangemeld word en ingehandig word. In so ‘n geval kan daar krediet aan die persoon toegestaan word wat in sy guns sal tel as hy of sy in die toekoms weer wil aansoek doen vir ‘n lisensie, vertel Phala. In geval van ‘n famielielid, wie die lisensiehouer was, se afsterwe, kan die naasbestaandes die polisie kontak en reëlings tref dat die vuurwapen deur die polisie afgehaal word. Geen familielid mag die vuurwapen vervoer as dat hy nie die wettige lisensiehouer is nie. Die nodige dokumentasie sal deur die polisiebeamptes voorsien word wie die vuurwapen afhaal. “Die publiek moet onthou dat wanneer hulle onverskillig met ‘n vuurwapen te werk gaan, hulle die res van die samelewing se lewens in gevaar stel. Vuurwapens wat misdadigers op een of ander wyse bekom word in aanvalle en rooftogte gebruik en mense verloor hul lewens,” waarsku Phala. Jy kan jou vuurwapen inhandig by die polisiekantoor op die hoek van Bodenstein- en Hans van Rensburgstraat. Alternatiewelik, skakel (015) 290 6577 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button