Local NewsNews
Blouberg Aanteelveiling weereens reuse sukses
VLEISSENTRAAL Bosveld het die 21ste Blouberg aanteelveiling op die plaas Vivo aangebied op 22 Januarie.
MOKOPANE – VLEISSENTRAAL Bosveld het die 21ste Blouberg aanteelveiling op die plaas Vivo aangebied op 22 Januarie. Allan Sinclair van Vleissentraal Bosveld, was die afslaer op hierdie spogveiling.
Dit bly een van die mees uitstaande kommersiële aanteelveilings in Suid-Afrika omdat dit van die beste denkbare aanteeldiere is wat jy jou kan voorstel. Elke bees word verkoop met ‘n veeartsverslag wat bevestig dat die diere deur ‘n veearts skoon getoets is en vir dragtigheid ondersoek is. Die aanteelveiling was ‘n reuse sukses met ‘n omset van net oor die R4 miljoen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





