KOLLIG: Lees hier vir raad oor jou polis-UA
GROND word gelouter om suiwer te kan wees. Net so kan elkeen van ons, ons uittree-annuiteite wat by versekeringsmaatskappye in ‘n polis-tipe produk vervat is ook suiwer. Die uitsluitlike doel van ‘n uittree-annuïteit (UA) is om jou aftree-spaargeld so goed as moontlik te sien groei terwyl jy belasting spaar en gemoedsrus het dat skuldeisers nie …

GROND word gelouter om suiwer te kan wees. Net so kan elkeen van ons, ons uittree-annuiteite wat by versekeringsmaatskappye in ‘n polis-tipe produk vervat is ook suiwer.
Die uitsluitlike doel van ‘n uittree-annuïteit (UA) is om jou aftree-spaargeld so goed as moontlik te sien groei terwyl jy belasting spaar en gemoedsrus het dat skuldeisers nie daarop beslag sal kan lê nie.
‘n Polis-UA het baie keer doodsdekking of ongeskiktheid of premie-kwytskeldings voordele ook op. Dit laai die premie onnodig of maak dat jy minder spaar omdat ‘n deel van jou bydrae nou vir risiko voordele moet betaal. Dit is beter om sulke voordele te neem op produkte wat spesiaal daarvoor gemaak is, naamlik helelewens polisse (vir risikodekking). Lewensdekking en ander risiko voordele op ‘n UA is nie goedkoper omdat jy die premie van belasting aftrek nie. Mens gebruik nie ‘n UA se bydrae om risikovoordele te finansier nie. Jy spaar in ‘n UA vir aftrede met gepaardgaande belastingvoordele – dis al.
Die ander aspek van ‘n polis-UA is die koste. Die koste hierop word vooruit bereken en is na my mening nie net buitensporig nie, maar ook nie behoorlik ge-openbaar nie. Jy sien dit eers wanneer jy die dag jou UA se fondswaarde wil oorplaas na ‘n ander produkverskaffer wat verbeterde opsies bied. Die verskil tussen die fondswaarde en die netto oordragswaarde is geld wat jy die Versekeraar skuld vir koste wat vooruit bereken is oor die termyn van die polis-UA.
Sekere makelaars sal soms risikovoordele soos premie-kwytskeldings by ongeskiktheid en lewensdekking bysit om jou “vas te maak” aan die produk, maar hoe gouer jy die situasie ontleed of laat analiseer hoe groter is die kans dat jy meer waarde vir jou geld by aftrede gaan hê.
By dood of ongeskiktheid is die voordele in ‘n polis-UA belasbaar, maar in die korrekte helelewens risiko-produk is dit belastingvry. ‘n Polis-UA se doodsvoordele kan ook nie begunstig word nie, maar ‘n gewone polis kan of sedeer of begunstig word aan wie jy wil. Die trustees van ‘n polis-UA bepaal wie kry die voordele.
Dit is dalk tyd dat ons bietjie na ons eie uittree annuiteite laat kyk en of ons nie dalk ons rande kan rek nie.
Groetnis
Koos.
* Koos de Wet is ‘n finansiële beplanner by PSG en lid van die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika. Lesers kan hom kontak by 015 491 2020 / 082 881 4672 of psgk@mweb.co.za



