NewsSchools

Osies se gr. R’e se oë getoets

As deel van die skoolgereedheidsprogram word al die gr. R-leerders van Pietersburg Oosskool se oë oor 'n tydperk van 'n paar weke getoets.

POLOKWANE – As deel van die skoolgereedheidsprogram word al die gr. R-leerders van Pietersburg Oosskool se oë oor ‘n tydperk van ‘n paar weke getoets.

Jason Stander, oogkundige van Jason Stander Optometrist, het onderneem om ‘n visuele skandering vir al die gr. R-leerders te doen. Tydens die skanderingprosedure word kleurvisie, dieptepersepsie en gesigskerpte onder andere getoets.

“Indien ek ‘n probleem sou optel verwys ek dan die kind na my praktyk waar hulle ‘n meer volledige toets ondergaan,” vertel hy. Jason besoek die skool elke Maandag waartydens hy een klas toets.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button