POLOKWANE – Die kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool het op Vrydag, 15 Mei meer geleer oor die wonderwerk van die Hemelvaart.
Plaaslike pastoor, Deon Jewaskiewitz, het Vrydag die kleuters ‘n bietjie meer vertel oor die Hemelvaart vertel en hoekom dit elke jaar tydens die Paasfees gevier word. Die kleuters het baie noukeurig geluister hoe pastoor Deon verduidelik dat die Here Jesus nadat hy gekruisig was na die hemel gestyg het en hoe Hy weer eendag sal terugkom om hom hul te red.
Later die dag het die gr. R-leerders ballonne ontvang en saam met die ander leerders die ballonne vrygelaat om in die lug in te styg om te simboliseer hoe Jesus opgevaar het na die hemel.
Pastoor Deon het baie mooi vir die leerders verduidelik net soos die ballonne opstyg in die lug, het Here Jesus ook opgestyg het na die hemel.
Hy het die dag afgesluit met gebed waarna die leerders met hul nuutgevonde kennis weer teruggekeer het klaskamers toe.





