NewsSchools

Mnr. en Mej. Osie-finaliste reik uit na Ivydale skuiling

ie finaliste van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se Mnr. en Mej. Oosskool kompetisie, Benhard Cronje en Corina Stears, het op Woensdag, 20 Mei besoek afgelê by Ivydale Shelter om 'n paar skenkings te maak.

POLOKWANE – Die finaliste van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se Mnr. en Mej. Oosskool kompetisie, Benhard Cronje en Corina Stears, het op Woensdag, 20 Mei besoek afgelê by Ivydale Shelter om ‘n paar skenkings te maak.

Daar is tans 27 volwassenes en 23 kinders (die jongste een twee maande oud) op die perseel woonagtig.

Meissa Horn, bestuurder, vertel dat daar slegs drie mense is wat gelukkig genoeg was om werk te kry.

“Party inwoners ontvang ouderdomspensioen of ongeskiktheidspensioen, maar ander mense het geen inkomste nie omdat hulle nie kan werk kry nie.

“Van die kinders kry wel ‘n toelaag, maar die inkomste bly maar skraal. Ons het ‘n uitstaande vleisrekening van meer as R2 000, al maak ons slegs in tye van nood daarvan gebruik.”

Benhard en Corina het sowat R15 000 se goedere aan die inwoners geskenk, onder andere klere, kos, kaste, verf, skoene, stoele, linne, speelgoed, ‘n oond en stoof, televisie en dubbelbed.

Hulle het ook reëlings getref om een van die geboue se dak te seël en beplan om gedurende die winter van hul mede gr. 6-leerders te bring om te help deur ‘n sopkombuis te hou.

“Ons is baie dankbaar vir die wonderlike skenking,” het Meissa vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button