NewsSchools

Kuier op plaas vir Teddies

Vroeg voorverlede Vrydag-oggend is al die kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum in busse na boer Willie Human van Human Boerdery se plaas.

POLOKWANE – Vroeg voorverlede Vrydag-oggend is al die kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum in busse na boer Willie Human van Human Boerdery se plaas. Hier het hulle geleer van koeie melk en die rustigheid van die plaaslewe ervaar. “Dit is so stil en rustig hier,” vertel Jennifer Olivier grootoog terwyl sy rondkyk.

Die kleuters is in vyf groepe verdeel en in die melkkamer ingeneem waar Boer Human en sy werkers die vyf koeie met masjiene gemelk het. Grootoog en vol afwagting het die kleuters gekyk waar melk vandaan kom.

Na die toer van die melkkamer het hulle geleentheid gehad om van die vars melk te drink, party van die kleuters was eers onwillig om te proe, maar kon later nie genoeg kry nie. “Dis lekker soet,” vertel Annabel Kemp met ‘n melksnor nadat sy haar eerste slukkie melk gedrink het.

Die kleuters is na die opwinding van die uitstappie na Boer Human se lowergrasperk waar hulle heerlik aan worsrolletjies gesmul het en met sy hondjie gespeel het.

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button