Die senior Super 12 skaakspan van Laerskool Pietersburg. Voor: Wian Retters, Cristiaan Skoumann, Antvan Nel en Casey Jackson. Agter: Jan grobler, Johan Swart, JD Vermaak, Cor Muller en Eduan Gobey.
POLOKWANE – Pietersburg Laerskool (Suidskool) se skaakspelers het die skool se naam hoog gehou tydens die verskeie wedstryde.
Die liga was teen Laerskool Louis Trichardt gespeel en het bewys dat harde werk en toewyding goeie vrugte afwerp.
Op Saterdag, 24 Mei het die skaakspanne van die skool as naaswenners van die Capricorn streek uit die stryd getree.
Die skool het ‘n tweede plek behaal uit die 11 skole wat deelgeneem het, die finaal het in Laerskool Pietersburg se skoolsaal afgespeel.
“Ons is baie trots op die prestasies van die leerders tydens die liga en sien daarna uit om nog meer goeie prestasies van hulle te sien,” het die skakelbeampte van die skool, Karen Muller gesê.
Die o/11 skaakspan van Laerskool Pietersburg.
Voor: Simoné de Villiers, Christelle Swart en Marilene van den Bergh. Agter: Dewan Gobey, Christiaan Stoumann en Justin Basson.
Die junior Super 12 skaakspan van Laerskool Pietersburg. Voor: Justin Basson, Christelle Swart, Marilene van den Bergh, Simoné de Villiers en Nathan Weideman. Agter: Andru van Zyl, Dewan Gobey, Joshua Robinson en Shaun Becker.
Die o/13 skaakspan van Laerskool Pietersburg.
Voor: Wian Retters, Eduan Cobey, Antuan Nel en Cor Muller. Agter: Jan Grobler, Johan Swart, JD Vermaak en Henlou Wepener.
Die o/9 skaakspan van Laerskool Pietersburg.
Voor: Duhan Haasbroek, Raul Ferreira de Sousa en Marnigh Britz. Agter: JC Holtzhauzen, Shaun Becker, NJ Coetzee, Andru van Zyl en Joshua Robinson.