Erica Pre-primêre Skool se hoof, Monja Groenwald (regs) en die oganiseerder van die dag, Alizia Sibley (links) wens JG van Niekerk (middel) geluk wat as bese kolwer van die dag gekroon is. Alizia Sibley was die beste bouler vir die dag.
POLOKWANE – Erica Pre-primêre Skool het onlangs ‘n aksiekrieketdag gehou om geld in te samel .
Die kinders het in hul onderskeie klasse in mini-aksiekrieket en toutrek meegeding.
Die ouers het ook deelgeneem en was in ses spanne ingedeel naamlik: Eendjies, Zebras, Skilpad, Bere, Olifant en Kameelperd.
As deel van die fondsinsameling het die spanne elkeen ‘n fooitjie betaal om deel te neem.
Elke span het vyf wedstryde gespeel en die algehele wenners was die Skilpadspan gelei deur Laura du Toit.
Die hoof, Monja Groenewald bedank ouers en hulle kinders wat die dag ‘n reuse sukses gemaak het.
“Dit was ‘n baie lekker familiedag, propvol pret en spangees. Baie dankie,” het sy gesê.
Die Skilpadspan is die algehele wenners van die Erica Pre-primêre Skool aksiekrieketdag. Die hoof, Monja Groenewald (voor middel) en die organiseerder van die dag, Alizia Sibley (voor links) wens die span geluk. Voor is Jordaan en Laura du Toit en agter staan Chris Janse van Rensburg, JG van Niekerk, Jaco Steyn, Jeandré Krog en Glenn Groenewald.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!