Vir kinders is 'n verandering aan 'n gewone skooldag baie pret en toe die kleuters van Osieteddies Kleinkindont-wikkelingsentrum hoor dat hulle nie net tekkies mag dra op Vrydag, 29 Mei nie, maar ook hulle pajamas, was hulle buite hulself van opgewondenheid.
MJ Myburg van die Speelbereklas slaap elke aand in monsterpajamas en kon nie wag om dit op Vrydag, 29 Mei vir sy maatjies by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum te wys nie.
POLOKWANE – Vir kinders is ‘n verandering aan ‘n gewone skooldag baie pret en toe die kleuters van Osieteddies Kleinkindont-wikkelingsentrum hoor dat hulle nie net tekkies mag dra op Vrydag, 29 Mei nie, maar ook hulle pajamas, was hulle buite hulself van opgewondenheid.
Ieder en elke kleuter het gesorg dat hy of sy ‘n plakker koop vir Tekkie Tax en sodoende geld aan ‘n organisasie van hul keuse skenk.
Die Teddies en Bere het hul japonne byderhand gehad vir die koel oggendwindjie.
Daar was Spiderman pajamas, Barbie pajamas, pajamas al die kleure van die reënboog, en die kleuters kon nie genoeg loer na wat die ander maatjies aantrek om in te slaap nie.
Dié twee het beide Spiderman pajamas aan en is gereed om van sy toertjies uit te haal. Hulle is Luan Booysen en Vjorn Venter.
Die Sirkusbere is opgewonde vir ‘n hele skooldag in hul nagklere. Voor is Marco Nel, Jacques van der Walt en Kevin Kroch. Agter sit Yoné Jonker, Izel Swanepoel en Jadean Rossouw.
Howick Kirstein en Lia Nieuwenhuis wys vir hulle maatjies by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum hoe hulle pajamas lyk op Vrydag, 29 Mei.
Ivan de Jager en sy maatjie Kayden Pretorius se pajamas lyk byna dieselfde en hulle pantoffels en skoene pas toevallig ook daarby.
Freek van den Bergh verander in ‘n krokodil elke aand na badtyd met sy oulike pajamas.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!