Die eersterugbyspan van Hoërskool Pietersburg ontvang elk iets ter aanmoediging vir die FNB Classic Clashes toernooi. Saam op die foto is Bertie Hugget (FNB, senior bestuurder) en Pierre Coetzee (PHS spanafrigter).
POLOKWANE – Maandag, 25 Mei was die begin van die jaarlikse geesvangweek by Hoërskool Pietersburg. Die week is amptelik deur Willie Schoeman (skoolhoof) en Pietie (PHS gelukbringer) geopen en kort daarna was dit tyd vir die tradisionele ‘Buffelslag’.
Verlede Dinsdag het die skoolpersoneel skooldrag of sportdrag aangetrek, dit het vir hope pret gesorg. Van die onderwysers is selfs pouse gevang waar hulle “skelm rook” en is na die kantoor ontbied. Tydens Donderdag se pouse het die leerders ‘n muntlegging gehou waartydens hulle nagenoeg R4 200 ingesamel het vir die kruis wat in die gr. 8-leerders se vierkant opgerig is.
Die aand is afgesluit met die onthulling van die kruis net na 18:00 waarna leerders na die dans is terwyl die ouers rustig in die matrieks se vierkant gaan braai en kuier het.
Jacques Cilliers en Chanté Chalmers van Hoërskool Pietersburg maak gereed vir Donderdagaand se geesvangdans.
Die kruis by Hoërskool Pietersburg is ‘n baken van hoop vir almal wat die skool bywoon sowel as verbygaande motoriste.
Kyla Marx, Chene van der Merwe en Bernice Wagner van Hoërskool Pietersburg is slaggereed vir die dans.
Die eerste netbalspan ontvang elk ‘n blyk van waardering en aanmoediging vir die FNB Classic Clashes toernooi. Saam op die foto is Bertie Hugget (FNB, senior bestuurder) en Elmarie Craig (PHS spanafrigter).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!