NewsSchools

Karnavalparty in die kol vir Pieties-hoof

Vroeg Vrydagoggend, 29 Mei was Hoërskool Pietersburg se rugbyveld kleurvol in 'n 60's-tema getooi vir Willie Schoeman (skoolhoof) se 60ste verjaarsdag.

POLOKWANE – Vroeg Vrydagoggend, 29 Mei was Hoërskool Pietersburg se rugbyveld kleurvol in ‘n 60’s-tema getooi vir Willie Schoeman (skoolhoof) se 60ste verjaarsdag: daar was spookasem, springmielies en musiek uit die sestigerjare, behoorlik soos ‘n outydse karnaval.

Die hoof het in Scottie na die rugbyveld gery waar die personeel en leerders hom ingewag het met ballonne waarna elke graad hom gelukgewens het en hulle die verjaarsdagkoek kon sny voor die skooldag begin.

“Ek was onkant gevang deur die verrassing! Die personeel, leerders en hul ouers het soveel moeite gedoen en die dag was behoorlik vir my ‘n bederf.

“Dít is hoe ek PHS leer ken het: “Gaan groot of gaan huis toe!” het Schoeman oor die dag gesê.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button