NewsSchools

Oosskool se entrepreneurs maak wins

BARRY VILJOEN Laerskool Pietersburg-Oos se graad 6- en 7-entrepreneurs het verlede Vrydag tydens pouse seker gemaak dat daar genoeg te kope was. Dié leerders het hul entrepreneursdag aangebied om sodoende meer oor die besigheidswêreld te leer. Speletjies, eet- en drinkgoed en klein geskenkies is op tafels uitgestal en die ‘handelaars’ het hul klante fluks bedien. …

BARRY VILJOEN

Laerskool Pietersburg-Oos se graad 6- en 7-entrepreneurs het verlede Vrydag tydens pouse seker gemaak dat daar genoeg te kope was.
Dié leerders het hul entrepreneursdag aangebied om sodoende meer oor die besigheidswêreld te leer. Speletjies, eet- en drinkgoed en klein geskenkies is op tafels uitgestal en die ‘handelaars’ het hul klante fluks bedien.
Die tafels was gou leeg en die jong entrepreneurs kon hul begrotings met hul werklike wins en verlies vergelyk.
Esmeralda Jacobs se visvangspeletjie het die toekenning as beste stalletjie gewen. Deelnemers kon vir R5 ‘n vis met ‘n magneet uittrek en ‘n prys wen wat aan die agterkant van die vis neergeskryf was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button