NewsSchools

Tommies wys talent op verhoog

RC Myburgh Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se skoolsaal was onlangs tjok en blok met ouers en leerders wat die jaarlikse Tommies Got Talent bygewoon het. Die Tommies het gewys dat hulle ‘n kreatiewe kant het en die gehoor is met sang, dans en musiek vermaak. Bekende plaaslike persoonlikhede, modelskoolhoof Anne Smith, onderwyser en sanger …

RC Myburgh

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se skoolsaal was onlangs tjok en blok met ouers en leerders wat die jaarlikse Tommies Got Talent bygewoon het.
Die Tommies het gewys dat hulle ‘n kreatiewe kant het en die gehoor is met sang, dans en musiek vermaak.
Bekende plaaslike persoonlikhede, modelskoolhoof Anne Smith, onderwyser en sanger Carla de Jager en sakepersoonlikheid Jeaninne Rademeyer het die deelnemers beoordeel.
Die eerste plek is aan die groep leerders, Blacc Island vir beste oorspronklike verto-ning toegeken, terwyl die prys vir die beste sanger na Michelle Mensah, wat ‘Dear future husband’ gesing het, gegaan het.

Juan-Pierre Evert, wenner van verlede jaar se beste oorspronklike vertoning-kategorie, het vanjaar weer deelgeneem met sy weergawe van beatboxing.
Juan-Pierre Evert, wenner van verlede jaar se beste oorspronklike vertoning-kategorie, het vanjaar weer deelgeneem met sy weergawe van beatboxing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button