NewsSchools

Akademie Reformia hou entrepreneursdag

Die gr. 4-klas van Akademie Reformia het die kans gehad om hulle entrepreneursvaardighede op die proef te stel toe hulle op Vrydag, 29 Mei 'n wye verskeidenheid items te koop aangebied het by die skool.

POLOKWANE – Die gr. 4-klas van Akademie Reformia het die kans gehad om hulle entrepreneursvaardighede op die proef te stel toe hulle op Vrydag, 29 Mei ‘n wye verskeidenheid items te koop aangebied het by die skool.

Leerders en hul ouers het saamgespan om van die dag ‘n sukses te maak, en die res van die skool het met gretige oë na almal se stalletjies geloer.

Die gr. 4-leerders het met hierdie oefening ‘n paar waardevolle lesse geleer, onder meer om selfstandig en spaarsamig met hul geld te werk, dan ook hoe om hulle onderskeie produkte op ‘n aanloklike manier voor te lê sodat meer mense daarvan sal wil koop.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button