NewsSchools

Bibber-bibber vir die Osie-kroon

Die winter het uiteindelik aangebreek na 'n lang somer en die gr. 5-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het besluit om 'n Mnr. en Mej. Bibber te kies.

POLOKWANE – Die winter het uiteindelik aangebreek na ‘n lang somer en die gr. 5-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het besluit om ‘n Mnr. en Mej. Bibber te kies.

Die geleentheid het plaasgevind op Donderdag, 11 Junie in die skoolsaal.

Corina Stears en Braam van der Heever was aanbieders van die bibber-geleentheid en het die gehoor op hul tone gehad met pittige sêgoed.

Die beoordelaars was onnies Yolande Cilliers, Michelle van der Westhuizen, Amie Smit en Jacobie de Nysschen.

Die Mnr. en Mej. Bibber-finaliste is uit die gr. 5 groep gekies. Daar was twee finaliste uit elk van die vyf klasse. Hulle is Pedri Neethling, Carla Craig, Edward-Hugo Conradie, Mia van Straten, Ruwan van der Watt, Shanie du Plessis, Luke Kruger, Anke Pretorius, Le Roux Marais en Dané Neethling.

Elk van die finaliste moes ‘n vraag beantwoord, onder meer wat die lekkerste ding is om te doen as jy na ‘n yskoue wintersdag by die huis kom of wat die lekkerste aktiwiteit is om aan mee te maak in die winter.

Ruwan moes liedjies sing om ‘n eskimo te beïndruk en Dané moes boererate gee vir ‘n loopneus in die winter.

Daarna moes deelnemers ses liedjies herken waarvan net ‘n paar sekondes gespeel is.

Vrae oor liedjies is dan ook gevra en deelnemers moes wys hoe hulle hul lywe kan swaai op die liedjies Timber, Dear Future Husband en Superhero.

Volgende het elke paartjie oor die loopplank gestap voor die wenners na baie wik en weeg aangewys is.

Luca Ferreira (Mnr. Bibber 2014) en Abby Wagner (Mej. Bibber 2014) het op die verhoog gestap en Ruwan van der Watt en Shanie du Plessis is aangewys as Mnr. en Mej. Bibber 2015.

“Ek is baie bly oor die bibber-titel. Dit is regtig spesiaal,” het Shanie gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button