NewsSchools

Hulle skenk bloed vir Wêreldbloedskenkdag

Hierdie jaar het Wêreldbloedskenkerdag op 'n Sondag geval en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) van Louis Trichardt het besluit om hulle massa-bloedskenkerdag by Laerskool Louis Trichardt op 12 Junie te hou.

LOUIS TRICHARDT – Wêreldbloedskenkdag vind jaarliks op 14 Junie plaas.

Hierdie jaar het Wêreldbloedskenkerdag op ‘n Sondag geval en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) van Louis Trichardt het besluit om hulle massa-bloedskenkerdag by Laerskool Louis Trichardt op 12 Junie te hou.

Skenkers het so vroeg as 07:00 reeds die koue trotseer, gereed om elk hul pint te skenk. Hulle is die land se helde, meer mense sou daagliks sterf as dit nie vir hulle onselfsugtigheid was nie.

Die Ladies Circle van Louis Trichardt was vroeg in die saal om hulp te verleen aan die bloedbankpersoneel. Daar was 153 eenhede bloed geskenk vir die dag, baie naby aan die mikpunt van 200

“Elke bietjie help en die SANBD bedank graag elkeen wat die tyd geneem het om bloed te skenk,” het Dottie Pinn, skakelbeampte van die SANBD gesê.

Elke skenker het ook ‘n sak en kosblik ontvang.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button