NewsSchools

Oosskool skenk bloed

Ouers en onderwysers van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) asook die gemeenskap en personeel van die skool het op Donderdag, 18 Junie en Vrydag, 19 Junie deelgeneem aan die jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasio-nale Bloeddiens (SANBD) se bloedskenkkliniek by die skool.

POLOKWANE – Ouers en onderwysers van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) asook die gemeenskap en personeel van die skool het op Donderdag, 18 Junie en Vrydag, 19 Junie deelgeneem aan die jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasio-nale Bloeddiens (SANBD) se bloedskenkkliniek by die skool.

Van vroeg verlede Donderdagoggend was die SANBD personeel reeds gereed om skenkers wat tyd maak om ‘n lewe te red, te help. Selfs die ysige koue kon hulle nie weerhou om hierdie goeie daad te doen nie.

Daar was 190 eenhede bloed geskenk van 222 potensiële skenkers. Die oorspronklike mikpunt was 300 eenhede, maar as gevolg van die koue wintermaande en die gepaardgaande grieperigheid kon hulle nie die volle hoeveelheid insamel nie.

“Ons is baie bly vir al die bloed wat geskenk is.

“Dit is winter en baie mense is siek, so ons is opreg dankbaar vir elke skenker wat die moeite doen om te kom bloei,” vertel Dottie Pinn, skakelbeampte van die SANBD.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button