Corina Stears bestuur die kaskar terwyl Mariolé Schurink, Nadine Booysen en De Wet Human haar stoot.
POLOKWANE – Die einde van die tweede kwartaal het verlede week aangebreek en leerders van Oosskool het dit gevier met twee dae van pret en plesier.
Die seniors het op Dinsdag, 23 Junie hul beurt gehad en die juniors op Woensdag, 24 Junie. Daar was toutrek, sokker, kaskarre en piekniek. Die juniors het ook sakresies gehad en met ‘n lepel en eier gehardloop.
‘n Laaste verrassing was ‘n konsert deur Rudolph Basson en Leandri Klopper van EnterActive Productions wat die leerders op ‘n interaktiewe, prettige manier geleer het hoe om boelies te benader.
“Elke persoon is op sy eie manier uniek. Elkeen het sy eie goed waarmee hy sukkel,” vertel Zip, oftewel Leandri, die leerders.
Lindi Sebaza en Sherika Kalla werk saam met hulle span om die ander span in toutrek te klop tydens Oosskool se speletjiesdag.
Zip en Zap, of te wel Leandri Klopper en Rudolph Basson, vertel die leerders van Oosskool meer oor verskillende vorme van boelie.
Shemon Grobbelaar geniet die toutrek by Oosskool se speletjiesdag.
Jullian Lombard, Christian Huggett, Andru de Beer, Lowen Boshoff en Luka Sinden is gereed om die tou te trek by Oosskool se speletjiesdag.
Nicole Edwards en Annelien Lombard sit al hulle krag daarin om die tou te trek tydens Oosskool se speletjiesdag.
Braam van den Heever is aan die stuur van die kaskar wat deur Luan de Villiers, Eli ströh en Johan Horn gestoot word by Oosskool se speletjiesdag.
Andreas Jansen en Christiaan Meyer is gereed om weg te spring met hul eiers en lepels.
Constance Venter, Milla Kamfer en Monique Blignaut stoot die kaskar wat Braam van den Heever bestuur tydens die Oosskool speletjiesdag.