NewsSchools

Triegies vier die laaste dag van die kwartaal

Leerders van Laerskool Louis Trichardt het die afsluiting van die tweede kwartaal verlede week met 'n entrepreneursdag gevier.

LOUIS TRICHARDT – Leerders van Laerskool Louis Trichardt het die afsluiting van die tweede kwartaal verlede week met ‘n entrepreneursdag gevier.

Die jong entrepreneurs het hulle huiswerk en ‘marknavorsing’ behoorlik gedoen voor die groot dag en daar was iets vir almal.

Daar was houtkaste waarvan af leerders die kans gehad het om mekaar te slaan met dun, opgerolde sponsmatte – ‘n groot trekpleister vir die seuns.

‘n Ander pretbelaaide aktiwiteit was een waar daar ‘n snesieboks gevul met balletjies aan die agterkant van ‘n leerder se lyf vasgemaak is. Hulle moes dan skud en spring om die balletjies uit die boks te kry.

Vir die leerders wat nie só avontuurlustig was nie, was daar ‘n hele paar stalletjies wat hulle kon besig hou.

Lekkers, mooi handgemaakte juwele, stokworsies en pasteie was ‘n paar van die items te koop by die stalletjies.

Leerders het om 11:30 na hulle klaskamers teruggekeer waar die skoolhoof, Louis Linde, die kwartaal met skriflesing en gebed afgesluit het.

Die leerders het daarna toestemming gekry om so hard as moontlik te skree en die lang wintervakansie te gaan geniet.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button