NewsSchools

Winterwarm is PHS-werkers

Tydens die weke voor die skoolvakansie het Mnr. en Mej. PHS, André du Preez en Chené Schulenburg as een van hulle projekte komberse en pantoffels vir die werkers van die skool ingesamel.

POLOKWANE – Tydens die weke voor die skoolvakansie het Mnr. en Mej. PHS, André du Preez en Chené Schulenburg as een van hulle projekte komberse en pantoffels vir die werkers van die skool ingesamel.

Op Vrydag, 26 Junie is die werkers die kans gegee om vir hulle pantoffels en komberse uit te kies.

Anna-marié Schoeman, die skakelbeampte van die skool, het aan Review vertel dat die projek ‘n manier is waarop leerders aan die gemeenskap iets wil teruggee. Lina Letsoalo en Emily Chene het vertel dat hulle baie dankbaar is vir die skenking wat hulle ontvang het en dat dit miskien vir die kinders iets klein is, maar vir hulle beteken dit ongelooflik baie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button