NewsSchools

Suikerbekkie kleuter-kaskenades

Dit is nie altyd moontlik vir ouers om self na hul kinders om te sien gedurende skoolvakansies nie en Suikerbekkie Kleuterskool bied die ideale oplossing vir hierdie struikelblok.

POLOKWANE – Dit is nie altyd moontlik vir ouers om self na hul kinders om te sien gedurende skoolvakansies nie en Suikerbekkie Kleuterskool bied die ideale oplossing vir hierdie struikelblok.

Daar is daagliks ‘n gemmiddeld van 40 leerders by die skool gedurende die vakansies saam met ‘n onderwyser en drie assistente wat toesig oor hulle hou.

Die vakansiesorg se dag begin om 06:45 wanneer die kleuters in drie groepe verdeel word en hulle dan besig gehou word met ‘n verskeidenheid aktiwiteite soos verf, liedjies sing en buite speel, waar dar ook ‘n sandput is. Die kleuters kry kans om te rus tussen 13:00 en 13:30 waarna hulle dan weer aangaan met aktiwiteite tot 17:15.

“Ons probeer dat hulle elke dag iets anders doen om die vakansie so prettig moontlik te maak vir die kleuters. Dit is vir ons ‘n groot plesier om na hierdie kleuters om te sien,” sê Sonja Janse van Vuuren, ‘n onderwyser by Suikerbekkie Kleuterskool.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button