NewsSchools

PHS-leerders se besigheidstudietoer

Die leerders van Hoërskool Pietersburg het tydens die Junievakansie op 'n toer gegaan vir hulle besigheidstudie-vak waar hulle geleer het hoe 'n groot impak die vak het op hul daaglikse lewe.

POLOKWANE – Die leerders van Hoërskool Pietersburg het tydens die Junievakansie op ‘n toer gegaan vir hulle besigheidstudie-vak waar hulle geleer het hoe ‘n groot impak die vak het op hul daaglikse lewe. Gr. 11- en gr. 12-leerders het die toer afgeskop met ‘n besoek aan die BMW-aanleg in Gauteng. Hier kon hulle sien hoe die motors wat hulle op ‘n daaglikse basis sien, vervaardig word.

“Die leerders was verstom om hierdie proses te sien. Dit was ‘n ongelooflike belewenis om te sien hoe iets wat mens op die pad sien verander van parte en stukkies na ‘n volwaardige motor. Dit is iets wat mens nie eers twee keer aan dink nie,” vertel Wilna Potgieter, die besigheidstudie onderwyseres wat saam met die leerders op die toer was.

Die leerders het die SABC besoek waar hulle radio- en televisie-aanbieding eerstehands kon ervaar en ook die groentemark waar hulle kon sien hoe pryse deur vraag en aanbod bepaal word. Die toer is afgesluit met ‘n besoek aan Gold Reef City.

“Vir die besigheidstudieleerders was dit ‘n kykie na die besigheidswêreld. Dit wat hulle in teorie leer kon hulle nou in die daaglikse lewe beleef,” vertel Wilna.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button