NewsSchools

PLS hou sokkie vir hokkiefonds

Leerders wat voor die skool gesluit het deel was van die Laerskool Pietersburg hokkiesokkie het gesien dat hulle bydrae nie verniet was nie na die afloop van die skoolvakansie.

POLOKWANE – Leerders wat voor die skool gesluit het deel was van die Laerskool Pietersburg hokkiesokkie het gesien dat hulle bydrae nie verniet was nie na die afloop van die skoolvakansie.

Die sokkie is op die laaste dag van skool gehou as fondsinsameling vir die skool se eerste hokkiespan wat in die vakansie gaan toer het. Die gr. 4- tot 7-leerders het almal die aand weggedans met unieke kleredrag wat by die tema van hoede, strepe en kolle gepas het. Die hokkiespan het op Saterdag, 18 Julie en Sondag, 19 Julie na Laerskool Mariepskop getoer om hokkie te speel.

Daar was op die aand hope te koop en te eet en die leerders was nie skaam om seker te maak dat hulle lekker kon eet én lekker dans.

Leerders het ook die kans gehad om in ‘n foto-hokkie fotos te neem sodat hulle kon seker maak dat hulle die aand altyd kan onthou.

Die uitslae van die wedstryde is nog nie bekend nie, maar die leerders wat die toer mee gemaak het vertel dat hulle baie geleer het van die spel en dat hulle daarna uitsien om dit toe te pas en nóg beter en sterker te word.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button