NewsSchools

Kyk nét vir Osiekoor

Op Vrydag, 11 Julie het die skoolkoor van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) wonderlike nuus gekry, toe hulle hoor hulle is deur na die Sing in Harmonie finaal as die kykerskeuse.

POLOKWANE – Op Vrydag, 11 Julie het die skoolkoor van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) wonderlike nuus gekry, toe hulle hoor hulle is deur na die Sing in Harmonie finaal as die kykerskeuse.

Sing in Harmonie is ‘n kompetisie vir laerskoolkore wat deur KykNet aangebied word. Dit gee die skool die kans om deel van R100 000 se pryse te wen.

Dit is deesdae baie minder algemeen vir skole om skoolkore te hê, leerders verkies dikwels om eerder op die sportvelde uit te blink omdat hulle glo dat dit hulle ‘n beter kans gee op erkenning en beurse. Oosskool is een van die min skole in die stad wat nog die opsie aan leerders bied om by ‘n skoolkoor aan te sluit.

Hulle het al menige prestasies agter die rug, onder andere het hulle in Mei-maand goud verwerf by die ATKV Applous en Cum Laude verwerf in die Super 12 koorkompetisie. Hulle was die enigste skoolkoor wat ‘n Cum Laude-toekenning verwerf het met hulle prestasie van 93%.

Die koororganiseerder, Sammy Vorster, het hierdie jaar besluit om die koor in te skryf vir die Sing in Harmonie-kompetisie omdat hulle reeds sulke uitstekende prestasies behaal het. Sy het hulle voorheen altyd net vir die Tshwane Youths Festival by die Pretoria-staatsteater ingeskryf, maar het dit goedgedink om hierdie jaar ‘n groter kans te vat.

Die skool was in Mei genooi om teen vier ander skole deel te neem aan die Sing in Harmonie-kompetisie.

“Ons koor was nie ‘n keuse van die beoordeelaars nie, maar nadat die episode op KykNet uitgesaai is op 5 Julie, het kykers ‘n week gehad waarin hulle kon stem vir ons skool. Indien die kykerskeuse verskil van die beoordelaarskeuse, sou die koor deurdring na die finaal. Dit is juis wat toe met ons koor gebeur het,” vertel Vorster.

“Ons het die Vrydag om 14:00 uitgevind dat ons gekies is as die kykerskeuse en nou gaan ons deelneem aan die finaal. Die optrede vind plaas op 23 Augustus.”

Oosskool se seniorkoor bestaan uit 104 leerders en hulle koorleier, Rita Erasmus, vertel dat ander leerders deesdae baie meer belangstelling toon om by die skoolkoor aan te sluit.

Die koor oefen twee keer ‘n week ter voorbereiding. Hulle is besig om nuwe liedere perfek in te oefen aangesien hulle nie dieselfde liedere in die finaal mag gebruik as in die vorige rondte nie.

Tydens die finaal kan slegs die beoordelaars stem. Die aand gaan ‘n glansgeleentheid wees waar verskeie kunstenaas die gehoor gaan vermaak tussen die kooroptredes.

“Ons lot is nou in hulle hande, maar ouers, kykers en lesers kan steeds duim vashou en bid. Hierdie kinders werk hard en dit is vir hulle ‘n wonderlik ervaring,” vertel Vorster opgewonde.

Gideon Pelzer, skoolhoof van Oosskool vertel dat die skool uit sy nate bars van trots.

“Ek dink dit is ‘n fantastiese prestasie en ‘n wonderlike geleentheid.

“Die leerders werk hard en verdien dit. Ons hou nou styf duime vas.”

 

(VIDEOS) Oosskool se kore begin jaar op hoë noot tydens spesiale openingsaand

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button