NewsSchools

Kankerlyers makliker bereikbaar

Vier graad 10-leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede Maandag tot Woensdag elke dag drie uur by Kansa Polokwane deurgebring en met administratiewe take gehelp. Brendan Schultz, Christiaan Lottering, Eduard van den Bergh en Samantha Jacobs het papierwerk gedoen, lêers uitsorteer en geliasseer en ‘n kontaklys met telefoonnommers opgestel. Die take is verrig as deel …

Vier graad 10-leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede Maandag tot Woensdag elke dag drie uur by Kansa Polokwane deurgebring en met administratiewe take gehelp.
Brendan Schultz, Christiaan Lottering, Eduard van den Bergh en Samantha Jacobs het papierwerk gedoen, lêers uitsorteer en geliasseer en ‘n kontaklys met telefoonnommers opgestel.
Die take is verrig as deel van ‘n praktiese lewensoriënteringtaak, die Ubuntu-taak, wat hulle voor die einde van die vakansie moet voltooi.
Die vier Pieties het verduidelik dat hulle by die kankervereniging se kantore ingespring het omdat hulle só kon bydra tot die diens wat die organisasie lewer.
Die leerders het saamgestem dat hulle die werk baie geniet het en beslis in die toekoms weer daar sal handjie bysit.
“Dit was wonderlik om hierdie instansie te help en ons voel asof ons ‘n verskil gemaak het,” het Samantha gesê.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button