Hoërskool Pietersburg (PHS) het op Woensdag, 29 Julie 'n bloedskenkkliniek gehou waartydens leerders, ouers en personeel asook ander lede van die gemeenskap tyd kon afstaan om 'n held te wees en 'n lewe te red.
Tiaan Lee wys aan die leerders by PHS dat selfs die onderwysers nie bang is om 'n bietjie te bloei nie.
POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) het op Woensdag, 29 Julie ‘n bloedskenkkliniek gehou waartydens leerders, ouers en personeel asook ander lede van die gemeenskap tyd kon afstaan om ‘n held te wees en ‘n lewe te red.
Daar was 141 moontlike skenkers, waarvan 130 kon bloedskenk. Die ander 11 is weggewys op grond van mediese redes.
“Ons is teverede met die opkoms.
“Dit is wonderlik dat soveel mense kom skenk het, ons waardeer elkeen se bloed,” het Dottie Pinn, skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) Polokwane, gesê.
Nare Betha (SANBD, kliniektoesighouer) help Ruann Willemse (PHS, onderwyser) om sy vorms in te vul voordat hy kan bloed skenk.
Thompson Mashaphu en Natasha Smith gesels heerlik terwyl hulle bloed skenk by PHS op Woensdag, 29 Julie.
Zelda van Jaarsveld, PHS se organiseerder van bloedklinieke, saam met haar groep leerders wat aangestel is om ander leerders in te lig en te motiveer om gereeld bloed te skenk.
Chesslin Hogins, ‘n gr. 12-leerder van PHS skenk bloed en doen sodoende sy deel om ‘n lewe te red.
JP Duvenhage skenk bloed tydens een van sy laaste bloedskenkklinieke by PHS op Woensdag, 29 Julie.