NewsSchools

Bergfietsry nou volbloed Osie-sport

Bergfietsry is nou ‘n volwaardige skolesport by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) en die skool spog met hul eie bergfiets-skolespan wat reeds vanjaar aan die Limpopo-skoleliga deelneem. Yolande Anders, leerkrag van Oosskool, in samewerking met Annelize en Henry Owens, ouerverteenwoordigers van Polo­kwane Pedallers Cycling Club (PPCC), is aan stuur van die skool se bergfietsklub. “Die doel van …

Bergfietsry is nou ‘n volwaardige skolesport by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) en die skool spog met hul eie bergfiets-skolespan wat reeds vanjaar aan die Limpopo-skoleliga deelneem.
Yolande Anders, leerkrag van Oosskool, in samewerking met Annelize en Henry
Owens, ouerverteenwoordigers van Polo­kwane Pedallers Cycling Club (PPCC), is aan stuur van die skool se bergfietsklub.
“Die doel van skolefietsry is om soveel moontlik leerders betrokke te kry by een van die snelgroeiendste sportsoorte in die land en ‘n liefde vir fietsry te ontwikkel. Elke Osie-fietsryer se deelname, ongeag waar hy of sy in ‘n skoleliga-kompetisie eindig, sal vir die skoolpunte verdien. Die skool met die meeste punte aan die einde van die skoleliga, gaan met die Limpopo-skolefietsry wisseltrofee wegstap,” sê Annelize Owens.

ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button