NewsSchools

Tommies hou opedag vir graad 7’s

Graad 7-leerders het verlede Woensdagmiddag geleentheid gehad om te sien wat Hoër Tegniese Skool Tom Naudé hulle kan bied, sou hulle besluit om volgende jaar by dié skool in te skryf. Leerders kon in die saal meer te wete kom oor die tegniese studierigtings en vakke voordat die Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) ouers en hul kinders …

Graad 7-leerders het verlede Woensdagmiddag geleentheid gehad om te sien wat Hoër Tegniese Skool Tom Naudé hulle kan bied, sou hulle besluit om volgende jaar by dié skool in te skryf.
Leerders kon in die saal meer te wete kom oor die tegniese studierigtings en vakke voordat die Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) ouers en hul kinders na die sentrums geneem het waar vaardige Tommies gewys het wat die meganiese, tegniese en elektroniese vakke van die skool behels en wat die graad-7’s volgende jaar te wagte kan wees. Interessante eksperimente is deur die skool se wetenskap­leerders uitgevoer wat graad 7- leerders se monde laat oophang het.
Foto’s van sport-, kultuur-, en pretaktiwiteite soos die gewilde jaarlikse kaskarresies is ook vertoon.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

NJ Strydom van Laerskool Pietersburg-Noord Primary wys waartoe hy in staat is met ‘n bandskuurder en ‘n blokkie hout.
NJ Strydom van Laerskool Pietersburg-Noord Primary wys waartoe hy in staat is met ‘n bandskuurder en ‘n blokkie hout.
Foto’s: RC Myburgh  Tommie-leerder Riko van Tonder asook leerkragte, Holly van Heerden en Louise Venter laat  Laerskool Piet Hugo-leerder, Romano Harmse sommer vinnig tuisvoel.
Foto’s: RC Myburgh
Tommie-leerder Riko van Tonder asook leerkragte, Holly van Heerden en Louise Venter laat Laerskool Piet Hugo-leerder, Romano Harmse sommer vinnig tuisvoel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button