NewsSchools

Pieties hou opedag

Hoërskool Pietersburg (PHS) het op Donderdag, 30 Julie, hul opedag vir die gr. 7-leerders gehou wie daarin belangstel om 'n Pietie te word.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) het op Donderdag, 30 Julie, hul opedag vir die gr. 7-leerders gehou wie daarin belangstel om ‘n Pietie te word. Voornemende leerders en hul ouers is in groepe deur die skool geneem en aan elke aspek van die skool bekendgestel.

Die gaste is sommer by die ingang deur die huidige Mnr. en Mej. PHS, André du Preez en Chené Schulenburg, ontmoet en daarna is hulle na die raadsaal geneem waar hulle na ‘n debat tussen ‘n paar Pieties kon luister en deur foto-albums kon blaai. Die sportspanne, soos rugby, tennis en hokkie, was oral op die terrein besig, en skaak en drama het ook aftrek gekry.

Terselfdertyd het die wetenskaplikes hulle geheime verklap en die gr. 7’s kon in die hotel en gasvryheidsklas plaatkoekies bak en eet. Die ATKV-tienertoneel wat ‘n vertoning op 13 Augustus het, het ‘n voorsmakie gegee waarna almal kan uitsien. Verder is ander items soos boogskiet, fietsry en perdry ook verken.

“Ek wil graag na hierdie skool toe kom, dit lyk lekker en dit maak my lus vir skoolgaan,” het Annemari de Klerk, ‘n gr. 7-leerder, opgewonde vertel.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button