Local NewsNewsUpdate

Dapper Dian herstel goed

'n Moedige Dian Basson van Hoërskool Pietersburg is terug by die skool na 'n ernstige motorongeluk vroeër vanjaar.

POLOWANE – ‘n Moedige Dian Basson van Hoërskool Pietersburg is terug by die skool na ‘n ernstige motorongeluk vroeër vanjaar.

Vir Dian voel die terugkeer na die skoolbanke amper soos die heel eerste keer. Hy herstel steeds en elke dag gaan dit beter. Dian het onder meer kopbeserings opgedoen wat bloeding op sy brein veroorsaak het.

“Ek sukkel af en toe met die skoolwerk maar alles kom mooi reg,” vertel Dian. Hy is nou ‘n week terug by die skool en, sê hy kry baie ondersteuning van sy vriende wie hom bystaan hoe en waar hulle kan.

“Ek het baie dinge gesien en beleef in die hospitaal. Dit en my eie geveg om deur te druk en terug te kan kom skool toe maak my vandag dankbaar vir die klein dingetjies in die lewe,” vertel hy.

Vir Dian is die herstelpad nog nie klaar nie en hy moet met die hulp van arbeids- en fisioterapie weer leer om sy regter arm en – been te kan gebruik. Hoewel hy bietjie agter is met die skoolwerk, vang hy nou vinnig op. Soms sukkel hy met praat na die breinbesering en sy brein vergeet ook om sy beenspier wat die voet moet oplig te gebruik en dit laat hom sukkel om normaal te loop.

Hy is egter positief dat alles nog sal reg kom en dat hy geen permanente skade gaan oorhou nie. “Ek weet ek is baie gelukkig maar ek sou dit nie gemaak het nie sonder die ondersteuning van my ouers en vriende, veral my meisie. Ek is dankbaar teenoor hulle.”

Dian se raad aan mense wie moeilike tye moet deurstaan en ook vir so lang herstelpad is om na die positiewe dinge te bly kyk.

“Jy moet nie vaskyk in wat jy nié kan doen nie. Kyk na wat jy wel kan doen en bly positief want dit help jou vorder en vinnger herstel.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button